Interview from December 7th, 2009 by Suzette Trotter for SARIE

Arnold Vosloo se hoop, vrese en lewenslesse

* Deur Suzette Truter

Arnold Vosloo
Foto Rapport
SARIE Januarie 2010

Arnold Vosloo wat nou te sien is as Zartan in die rolprent G.I. Joe: The Rise of Cobra, kyk na binne oor wat hom laat tiek en droom.

EK HOOP:
- om beslis nog rolprente in Suid-Afrika te maak. Daar is nie 'n ultimate rol waarna ek soek nie. Ek sou graag die bankrower André Stander wou vertolk, maar daai tyd is verby. My glas is halfvol en die beste kom nog - wat die rol ook al is! Ek is op Forgiveness die trotsste.

- om 'n meesterskut te word. Ek skiet deesdae met 'n .22 L-geweer.

- ek word eendag onthou as 'n oukei akteur en 'n helse skut. Iemand wat 'n N.P. van Wyk Louw-gedig mooi kan voordra terwyl hy vyf skote in 2 cm skiet oor 50 m (sonder 'n teleskoop).

- dat almal van môre af die wêreld in 'n beter toestand los as waarin hulle dit gekry het.

- om soos die jare aanstap weer verhoogwerk te doen. Rolprentwerk raak skaars as 'n mens ouer word en die beste rolle is vir bejaarde mans op die verhoog. Dis waar ek begin het en waarna ek sal terugkeer.

- op die beste vir SA. Ek voel steeds betrokke in die sin dat ek my doodbekommer oor dinge wat ek magteloos is om te keer. Ek hou eerder my mond.

EK IS BANG:
- dat mense vir wie ek lief is te na gekom word. As ek lief is vir jou en jy voel pyn, voel ek dit saam met jou.

- vir 'n krokodil - vreesbevange! Ek weier om in modderwater te swem.

- Voor 'n rolprent uitgereik word, is ek altyd 'n bietjie benoud. Daar word so hard gewerk dat jy altyd hoop vir die beste. Veral met 'n fliek soos G.I. Joe waarop twee prente sal volg as die eerste een baie geld maak. Dit beteken werk vir die volgende vyf jaar.

WAT EK NOU WEET:
- In Desember (2009) is ek 20 jaar in Hollywood. Ek en my vrou, Sylvia, woon in Santa Monica met ons vet Staffordshire terriër. Hollywood het my geleer om sterk te wees en dat aanhouer wel wen. Ek moes my land en mense verlaat om hier te wees. Dit was of is bitter - die drang om myself te bewys was of is net sterker. Hollywood is 'n prostituut en partykeer laat sy jou by haar toe, maar die meeste kere lag sy vir jou vaal manlikheid.

- Sukses is goed. Dis jou persoonlike mylpaal wat jy bereik. Dit laat jou goed voel oor jouself en voed jou vir die onsuksesvolle dae, wat jy weet gaan kom. Roem beteken niks. Eerlikwaar, ek haat dit dat my gesig bekend is. Die volgende keer as jy voel jy moet 'n bekende se blad skud, besef dat jou behoefte om hom te prys groter is as sy behoefte om te hoor wat jy te sê het. Jy kan eet van die glanswêreld soveel soos jy wil, maar dit het geen voedingswaarde nie. Jou werk en jou gedrag op stel is al wat tel.

- Niemand in Hollywood het 'n invloed op my gehad nie. My onderwysers op skool, my ouers, my suster, my ooms, tannies, neefs, niggies en 'n paar uitsonderlike meisies het 'n invloed gehad op wie ek vandag is. Ek sien my ma en suster een keer per jaar. Hulle kom na my toe waar ek werk of ek kuier by hulle in SA.

- My ouers het my geleer moenie by iemand slaap saam met wie jy werk nie en spaar jou geld!

My beste eienskap is dat ek jou die klere van my lyf af sal gee. My slegste eienskap is dat ek jou die klere van my lyf af sal gee.

- Die grootste uitdaging wat ek al moes oorkom . . . Alleenwees in die vreemde, weg van my land en mense, was rof. Baie aande het ek blind van trane rondgestap totdat die son opkom.

- My eerste huwelik het misluk. Ek het geleer dat ek te maklik kan wegloop van verhoudings. Jy moet bly en deurdruk in die goor tye en dan hopelik sterker aan die ander kant uitkom. Die getroude lewe is die moeilikste ding wat 'n man kan aanpak. Ek en Sylvia is nou al 12 jaar saam. Daar is iets magical omtrent ons verhouding. Sy is die beste.

- Ek is te oud vir kinders. Sylvia het 'n kind uit 'n vorige verhouding. Hy het onlangs pa geword en ek is nou 'n oupa. Hy is wonderlik en ek jol lekker saam met hom, maar ek is baie bly om hom terug huis toe te stuur aan die einde van die dag.

- My lewensfilosofie is om soos water te wees. Vloei verby, om, oor alles in jou pa